____________AGS van SA Helderberg Gemeente: Dienaars in aanbidding

Gebedspoort

Want Gebed verander die bidder

Die gesegte "Gebed verander sake" is bygeleentheid verander om te lees "Gebed verander die bidder!". Dit is belangrik en deel van geestelike groei dat elke kind van God sal bid. Christene op hulle kniee sien verder as ander wat regop staan maar nie naby God is nie. Nader tot God en hy sal tot u nader. As u graag deel van die gemeente se prayer warriors wil wees, is die gebedspoort die poort waar u betrokke kan raak.

image

Susan Swanepoel neem hier die leiding. Sy kan gekontak word op 0824526795.

AGS Helderberg is ‘n gemeente wat streef na meer van die Heilige Gees. Ons mense is lief vir mekaar en kuier graag saam. Die gemeente is op ‘n park gevestig en dit maak dit ‘n veilige plek van aanbidding vir die hele gesin. Elke bediening in ons gemeente skakel in by wat ons noem “poorte”. Hierdie poorte het elkeen ‘n bestaansreg om Jesus te verheerlik en om mense te laat groei in hul eie bediening. Ons tema vir 2018 dissipelskap. Om dissipel te wees... Discipline... Selfdissipline... Dissiplineer Dupliseer Dis 'n pel leer... Ons wil graag met hierdie tema vir onsself ‘n doelwit stel om ons gemeente meer effektief in ons gemeenskap te laat funksioneer.

Die Gebedspoort is een van die poorte wat ons bestaansreg gee om onsself ‘n kerk te kan noem of altans ons DNA kan beskryf. Gebed is om met God te praat. 

 

Top