____________AGS van SA Helderberg Gemeente: Dienaars in aanbidding

Seniors Poort

Goue Swaeltjies

Seniors: Ons hou baie van ons pensionarisse en hou hulle besig genoeg sodat hulle uit die moeilikheid bly😜 .


So Pas die Seniors Poort in by die gemeente in 2018

Ons noem hulle die Goue Swaeltjies. Maar hulle vorm een van die kern dele van AGS Helderberg,

Die gemeente streef na meer van die Heilige Gees, ons mense is lief vir mekaar en kuier graag saam. Elke bediening in ons gemeente skakel in by wat ons noem “poorte”. Hierdie poorte het elkeen ‘n bestaansreg om Jesus te verheerlik en om mense te laat groei in hul eie bediening.

image image image image image image image image image image image image


Ons Seniors Poort is deel van die Identiteits poorte. Ander poorte wat resorteer onder die identiteitspoorte is Vroue, Manne, Jeug en Kinders.

Die seniors geniet hulle aktiwiteite. Hulle kom gereeld bymekaar en is bedrywig in die Ketel, ons gemeente se eet en drink plek.

Die fotos op hierdie bladsy is geneem op van hulle uitstappies en toe hulle op uitnodiging van die kinderbedieningspoort vir die kinders bedien het.

Top