Die skepping————————————Lees Genesis…
In die Begin: Sien gerus Genesis tot Openbaring oor die ontstaan en groei van Christendom in die breë. Oor die ontstaan van die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika kan u hier kliek en lees. Hieronder bespreek ons die ontwikkeling van ons gemeente kortliks
Suid-Afrika—————————————Ons is hier
Die Wes-Kaap Provinsie———————- Ons is hier
Helderberg————————————— Een van die mooi Bolandse berge in ons omgewing. Dis ook ‘n verwysing na die gebied wat lê onder en om die pragtige berg. Dit sluit in Somerset-Wes, Strand, Gordonsbaai, Sir Lowry’s Pas, Lwandle, Nomzamo, Chris Nissan, ens.
Die AGS van SA Kerk—————————Pinkster Kerk gestig na John G Lake se bediening in Suid-Afrika onder leiding van die Heilige Gees
Waarin glo die AGS van SA Kerk?
Lees ons geloofsbelydenis en nog meer op die hoofkantoor se geloofsbelydenis bladsy.
WE BELIEVE in God eternal, triune, almighty creator, sustainer and ruler of all creation.
WE BELIEVE in God the Father, the author of creation and salvation.
WE BELIEVE in Jesus Christ the only Son of God the Father, true God who for the sake of humanity and its salvation, descended from heaven and became flesh; who was conceived by the Holy Spirit and was born by the virgin Mary; who lived on earth and was crucified, died and was buried, who rose from the dead and ascended to heaven where He is seated at the right hand of the Father.
WE BELIEVE in the Holy Spirit, true God proceeding from the Father and the Son, who convicts the world of sin, righteousness and judgement and leads in all truth.
WE BELIEVE that the Bible is the word of God, written by men as the Holy Spirit inspired them. We believe that it authoritatively proclaims the will of God and teaches us all that is necessary for salvation.
WE BELIEVE that all human beings are created in the image of God; due to their sinful rebellion, this image is marred, that all have sinned before God and it is the will of God that all people should receive salvation through faith in Jesus Christ.
WE BELIEVE in the baptism in the Holy Spirit with the initial evidence of speaking in tongues as promised to all believers. We believe in the manifestation of the gifts and fruit of the Spirit in the life of a Christian. We believe that a Christian should be a disciple of Jesus Christ living a consecrated and holy life.
WE BELIEVE that Jesus Christ is the Head of the Church which is constituted by the Holy Spirit and consists of born again believers. The Church is responsible for the proclamation and demonstration of the gospel and God’s will to all people. As a charismatic community they fellowship with and edify one another.
WE BELIEVE that the believer’s baptism, by immersion and the Lord’s Supper are instituted by Jesus Christ to be observed by the Church.
WE BELIEVE that at the time appointed by God, Jesus Christ will come to take away his Church.
WE BELIEVE in a day of judgement when Jesus Christ will judge the living and the dead. We believe in the resurrection of the body and eternal life for the righteous and eternal punishment for the wicked. We believe in the new heaven and the new earth where God will reign in glory.
The mission of our church is:
To glorify God.
To proclaim the Kingdom of God by preaching the gospel of Jesus Christ through the power of the Holy Spirit.
To minister to the needs of the total person.
To develop, equip and release believers into ministry.
To extend the influence of the church beyond its boundaries and abroad.
To promote the fellowship of the believers and to network ministries.
The church acknowledges the following ministries:
The equipping ministries according to Ephesians 4:1-14.
Apostles
Prophets
Evangelists
Shepherds
Teachers
The charismatic ministry gifts as described in Romans 12:6-9 and1 Corinthians 12:4-11.
Elders and deacons (1 Tim.3 and Tit.1).
AGS Helderberg Gemeente——————DIS ONS
Ons onmiddelike bedienings gebied: Somerset-Wes, Strand, Gordonsbaai, Sir Lowry’s Pas, Lwandle, Nomzamo, Chris Nissan, ens.
Hoe kan ek lid word van die AGS Helderberg Gemeente?
Kom kerk toe. Vertel ons wie jy is. En dat jy of jy en jou gesin by die gemeente wil aansluit. Woon gereeld ons aktiwiteite by en geniet dit saam met ons. Besluit of jy ons visie en doelwitte ondersteun en laat ons weet. Na 'n tyd sal een van ons Pastore met jou gesels en sal jy aan die gemeente voorgestel word. Epos na interactiveadmin@agshelderberg.co.za of kry en handig ‘n lidmaatskapvorm in by een van ons pastore, kosters of die kerkkantoor: Lidmaatskap aansoekvorm
Pinkster-Park————————————-Konferensiegronde van die AGS van SA Kerk waar baie van ons dienste plaasvind.
Bietjie geskiedenis:
Geskiedenis:
31 Augustus 1977 het Pastoor Les Zeelie, sy vrou, Margie en hulle twee kinders, Rochell en Francois (op daardie stadium onderskeidelik tien en drie jaar oud), sowat dertig mense 'n ent buite die Strand, bo-op Sir Lowry's Pas ontmoet.
Hierdie sowat dertig mense was die somtotaal van die gemeente waarmee hulle in die Strand sou afskop. Die kerkie was 'n klein geboutjie in Kusweg op die straathoek regoor die bekende Welgelegen gebou. Die gemeente het meestal uit ouer mense bestaan. Daar was geen jongmense nie behalwe vir 'n paar jong kinders.
Die gemeente het begin groei en toe dit uit sy nate bars, is die geboutjie verkoop en 'n splinternuwe kerk is in Jenningstraat, Strand, gebou. In 1987 is die nuwe geboue met sitplek vir ongeveer drie honderd mense, 'n groot saal en genoeg Sondagskool klaskamers ingewy. Die gemeente se bedieningsveld en visie was wyer as bloot die Strand dorpsgebied en gevolglik is die gemeente naam verander na AGS van SA Helderberg.
Rondom 1998 het die gebou weereens te klein geword om die gemeente te huisves. Die beheerliggaam het Pastoor Les en Margie gestuur om te gaan afsonder om te hoor wat die Here wil hê die gemeente moet doen. Onder moeilike omstandighede (Pastoor Les was op daardie stadium nog 'n diabeet) het hulle vir 'n week gevas en bid en 'n duidelike woord van die Here ontvang om die gemeente op Pinkster Park te hervestig.
1 Desember 1999 is die eerste diens in die Tabernakel op Pinksterpark gehou. Pinksterpark is die bekende gronde van die AGS waar daar gereeld in die verlede konferensies oor Kers- en Paastye gehou is.
Van die lidmate het verkies om steeds met kerkdienste in die Strand voort te gaan en uiteindelik het hulle die AGS Charisma gemeente geword. So het twee gemeentes tot stand gekom.
Pastoor Les en Margie Zeelie het na 34 jaar in die bediening afgetree en 18 Junie 2007 is Pastore Riaan Hart en Dries Nell onderskeidelik as presiderende- en medeleraar beroep. Hulle is op 28 Oktober 2007 in die gemeente bevestig.
Na Pastoor Nell se afsterwe is Pastoor Johan Klopper aangestel as hulpleraar vir Pastoor Riaan Hart en nog later as hoofleraar beroep (nadat Pastoor Hart besluit het om sy sangtalent en bediening uit te brei en meer evangelisties op te tree.)
Nadat Pastoor Klopper beroep is na Gauteng het Past Lourens van Wyk begin waarneem as presiderende pastoor. Na 'n tydperk van wag op die Here en deuglike oorweging, het die Gemeente Beheerraad eenparig beluit om vir Past Kobus Massyn en sy gesin te beroep. Hy het volstoom ingeklim en met die seën van die Here het die gemeente verander en gegroei op verskeie vlakke. Bedieninge is omgeskakel na bedieningspoorte en spoedig was dit nodig om die Pastoorskorps uit te brei. Die gemeente het as gevolg daarvan vir Past Gregory Jantjies (Streekvoorsitter van die Wes-Kaap Jeug van die AGS van SA) as hulpleraar beroep. In 2017 is Pastoor Johan Le Roux ook aangestel as Pastorale Sorg hulpleraar.
Vir ongeveer 10 jaar het die gemeente gewerkskaf onder die leuse Dienaars in Aanbidding. Alhoewel ons onsself steeds as dienaars van God en die gemeenskap beskou, is die gemeente leuse onlangs verander na LIG LIEFDE LEWE. Pastoor Kobus het egter die twee leuse gekombineer en die gemeente bedien vandag onder beide. Onder sy leiding het die huidige kern leuse ontstaan:
LEKKER OM TE KUIER, BETER OM TE BLY
Die name van die gemeente:
Die gemeente was voorheen bekend as die Strand maar omdat dit mense van oral oor die Helderbergkom bedien het, is die naam omtrent 'n dekade en 'n half gelede verander na die AGS van SA Helderberg Gemeente. Vandag is dit steeds die naam van die gemeente alhoewel mense soms na ons verwys as die Pinkster Park gemeente. Laasgenoemde is die kerkkonferensiegronde wat die gemeente se aanbiddingsplektuiste huisves.
Kentekens (logos) van die gemeente:
Die kruis en kroon embleem van die AGS van SA is steeds die oorkoepelende kenteken van die kerk. Onder Pastoor Zeelie het die gemeente sekretaris die Logo van die helderberg met 'n kruis daarop ontwerp. Later onder die bediening van Pastoor Riaan Hart en met die ontwikkeling van die kinderbediening in die gemeente, is daar gevoel om gesinfigure by die kenteken te voeg. Onder leiding van Past Johan Klopper is ''n nuwe kenteken ontwerp met 'n gesin (Pa, Ma en drie kinders) wat loop na die Helderberg. Op die berg is 'n kruis en voor die kruis kom 'n rooi son van geregtigheid op. Onder leiding van Pastoor Kobus Massyn, en veral om die bedieningspoorte te beklemtoon, is die huidige logo ontwerp. Op die nuwe kenteken, loop die gesin in tussen twee mooi hekke wat as poorte dien. Dit simboliseer veral die feit dat nuwelinge die gemeente binnekom onder andere deur die bedieningspoorte.
Temas voorlegging 2020 het ingesluit Krone. Sien die Youtube video hieroor.
Tema vir die jaar 2020 was: Dissipelskap
Tema vir die jaar 2021 was: Jou Bediening Maak Saak!
Tema vir die jaar 2022: Kyk! Behold!
Fotogeskiedenis:
U kan meer omtrent die gemeente se agtergrond en ontwikkeling sien in ons foto albums of in die gemeente Facebook bladsye of die jeug se Faceboek bladsye.
Laai gerus ons lidmaatskap vorms af by https://afmhelderberg.co.za/page-7/
U KAN ON GEMEEENTETOEP AFLAAI BY https://1930858.igenapps.com/
https://www.facebook.com/AGSHelderberg
Sosiale Media Skakels by https://afmhelderberg.co.za/page-8/
BEKERING
Hoe kan ek gered word?
Romeine 3:23 leer ons dat almal sondaars is. In Die Boodskap vertaling van die Bybel leer die boek Romeine vir ons (verse23 tot 26) so oor God se reddingsplan vir die mens:
"Ons almal is sondaars. Nie een van ons leef tot God se eer nie. Ten spyte daarvan het Hy besluit om ons vry te spreek. Daarom het Hy Jesus Christus gestuur om ons te kom verlos. God doen dit omdat Hy baie vir ons omgee, nie omdat ons so goed leef nie. God het Jesus soos ’n offerlam laat slag vir al ons sondes. As ons in Hom glo, tel ons verkeerde dade glad nie meer nie. God was ’n lang tyd geduldig met ons oor al ons sondes. Hy het ons nie links en regs daarvoor gestraf nie. Maar omdat God regverdig is en dit die een of ander tyd moet straf, het Hy besluit om ons sondes op Jesus Christus te laat neerkom. Daarom kan Hy nou elkeen vryspreek wat in Christus glo. Wie kan dit nou nog waag om te spog oor hulle gehoorsaamheid aan die wet? Dit help in elk geval nie. Al wat nou saak maak, is geloof. Dit gaan glad nie meer oor wat óns alles vir God doen nie, maar wat Hý vir ons doen. God spreek mense vry slegs omdat hulle glo, nie omdat hulle die wet gehoorsaam nie. Hierdie goeie nuus geld vir die Jode sowel as vir ander volke. Die Jode het mos nie die alleenreg op God nie."
Bid nou deur hierdie woorde te sê: "Hemelse Vader, ek bid in Jesus se naam en bely my sondes. Vegewe my asseblief en was my skoon. Ek bekeer my deur weg te draai van verkeerde dinge. Laat Jesus deur U Heilige Gees in my hart kom woon.Ek glo dat U my gered het. Ek wil vir U lewe. Amen".
DISSIPELSKAP
Nadat ek tot bekering gekom het, wil ek my Lewe aan God toewei. Ek wil Hom dien soos Jesus sy dissipels geleer het. Jesus het mense genooi om Sy dissipels te wees. ‘n Dissipel is ‘n volgeling Iemand wat Jesus volg. Ek wil Jesus volg. Hieronder sal ons mettertyd meer Bybel verse lys oor dissipelskap. Lees gerus en laat ons weet of u nog relevante verse daaroor in die Bybel raak lees:
LUKAS 11:1-4 AFR53
WATER EN GEES
Wie is die HEILIGE GEES?
Jesus het gereeld met sy volgelinge oor God se nuwe wêreld gepraat. Eenkeer toe hulle almal so saam was, het Jesus vir hulle gesê: “Moenie uit Jerusalem weggaan nie. Bly daar totdat my Vader die belofte wat Hy aan julle gemaak het, waar laat word. Vroeër het Ek vir julle gesê dat Johannes die Doper julle met water doop, maar dat God julle binnekort met die Heilige Gees gaan doop. Dit is hierdie belofte waarop julle nog so ’n klein rukkie moet wag."
Ons kan in die Heilige Gees gedoop word. Die Heilige Gees maak ook dat ons Geestelike Vrug dra. In Galasiërs 5 vers 22 (Die Boodskap) word die vrug van die Gees verduidelik: "Net soos ’n boom wat ’n baie goeie vrug oplewer, wys hierdie mense se lewe dat hulle aan God behoort. Sulke mense gee baie om vir ander. Hulle lewe is vol vreugde. Die vrede wat van God af kom, ken en ervaar hulle. Hulle verdra ander mense sonder om ooit lelik met hulle te wees. Hulle straal vriendelikheid en warmte uit; daarom wil ander graag in hulle teenwoordigheid wees. Hulle doen goeie dinge vir ander mense. Ander kan altyd op hulle reken omdat hulle self deur dik en dun op God vertrou. Hulle is vol deernis en ontferming. Die Gees stel hulle in staat om hulleself goed te beheer sodat sonde nooit hoogty in hulle lewe vier nie
Verder gee die Heilige Gees ook vir ons God se Gawes (1 Korinthiërs 12 vers 4 en verder in Die Boodskap vertaling): "Daar is natuurlik baie verskillende gawes wat ons as Christene kan kry, maar dit beteken nie dat daar ’n gees vir elke gawe is nie. Al hierdie gawes kom van een en dieselfde Gees. Daar is ook baie dinge wat aan Christene gegee word om spesiaal te doen, maar dieselfde Here staan agter al hierdie verskillende dinge. Daar gebeur ook baie spesiale dinge met ons as Christene. Dit is dieselfde God wat al hierdie dinge in ons doen. Die Gees werk in elkeen van ons op ’n unieke manier. Die doel daarvan is egter dat ons vir ander mense iets moet beteken. Daar is baie verskillende maniere waarop die Gees in ons kan werk, byvoorbeeld: Party mense kan vir ’n mens goeie raad gee oor hoe om te leef. Ander kan weer goeie onderwysers vir die Here wees. Dan is daar mense wat in moeilike omstandighede, as ander begin twyfel, steeds eenvoudig blindelings op die Here kan vertrou. Daar is ook sommige deur wie die Gees mense gesond kan maak. Dan is daar nog mense wat dinge kan doen wat gewone mense glad nie kan doen nie.Die Gees sorg ook vir mense wat die boodskap van God duidelik en goed kan verkondig. Dan is daar ook mense wat weet wanneer die Gees van God deur iemand werk en praat en wanneer dit ’n valse gees is. Vir sommige gee die Gees die vermoë om ’n “spesiale taal” te praat terwyl ander die vermoë kry om te verduidelik wat daar met die “spesiale taal” gesê word. Al hierdie dinge kom van een en dieselfde Gees. Hy besluit aan wie Hy wat wil gee en gee dit dan aan daardie persoon."
Bid dat jy sal groei in die Heilige Gees en dat jy sal vrug dra en ook die gawes van die Gees beleef soos God wil hê dat jy dit moet doen.
GEESTELIKE GROEI
Wanneer mens jou hart vir die Here gegee het en tot bekering gekom het, is jy op die regte pad. Jesus verduidelik in Johannes 3 vers 3 vir Nikodemus (''n belangrike leier):
"Weet jy, Ek wil nou vir jou iets belangriks sê. As iemand nie nog ’n keer gebore word nie, sal hy sowaar nie deel word van die ryk waar God Koning is nie.”
“Hoe is dit moontlik om as jy al groot en oud is, nog ’n keer gebore te word?” vra Nikodemus Hom.
“’n Mens kan mos nie ’n tweede maal in jou ma terugklim om weer ’n keer gebore te word nie.”
“Luister baie mooi wat Ek vir jou sê,” kom dit van Jesus. “Die pad na die ryk waar God Koning is, is toe vir elkeen wat nie gebore word uit lewende water en die Heilige Gees nie. Immers, ’n kind wat uit ’n mens gebore word, is maar net ’n mens. Wie egter uit die Gees gebore word, begin geestelik lewes."
Dit beteken dat net na geboorte 'n mens 'n geestelike baba is wat geestelik moet groei en sterk word. Jy doen dit deur gereeld (daagliks):
1-Te bid. Gebed is om met God te praat. Op die INTERAKTIEF skakel op hierdie tuiste kan u voorbeelde sien van kort gebede. Maar u kan u eie woorde gebruik om dit wat u voel en dink vir God te sê en te luister na Sy Heilige Gees stem en te lees in Sy Woord.
2-Bybel te lees. As jy nie 'n Bybel het nie, kontak ons deur hier te kliek. As jy meer oor Bybel Lees of Bybel Studie wil weet, sien gerus ons aanlyn interaktiewe bladsye Bybelstudies of kontak ons by interactiveadmin@agshelderberg.co.za om in te skakel by ons Bybel Studie Poort.
3-Kerk by te woon. Kom besoek ons gemeente gerus op Sondagoggende om 09:00 by Pinkster Park net langs die N2 buite Somerset-Wes.
4- Te meng met ander Christene. Die Bybel sê dat soos Yster Yster sluip, so sluip die een mens die ander. Praat gereeld met ander ware Christene oor die dinge van die Here.
5-Te getuig. Vertel ander mense van jou bekering en wat die Here vir jou gedoen het. As jy meer wil weet oor getuienis en hoe om te getuig, lees hier. Vertel veral vir mense wat in sonde lewe en lei hulle na die Here waar moontlik soos hierbo verduidelik word
Luister gerus ook na die vídeos by https://www.facebook.com/AGSHelderberg
| BEKERING | GEPLANT IN DISSIPELSKAP | GEESTELIKE GROEI |
Sien https://afmhelderberg.co.za/page-3/
GEMEENTETOEP by https://1930858.igenapps.com/
WAAROM
Waarom KLAP ONS HANDE terwyl ons sing?
As mens iemand (byvoorbeeld 'n sportman of vrou) toejuig klap jy vir hulle hande om eer te betuig. God het ons gered deur Jesus Christus en ons is bly daaroor. Psalm 47 vers 2 (Die Boodskap vertaling) moedig dit aan: "Wees saam met ons bly. God maak ons so bly! Ons loop oor van al die wonderlike dinge wat ons oor Hom wil sê. Ons wil dit uitsing, ons wil daaroor juig, ons wil aan God al die lof gee wat ons kan. Die 1983 verklaring verwys spesifiek na handeklap: "Al julle volke, klap julle hande; juig tot eer van God met 'n jubelende stem" Daar is nog ander verse in die Bybel wat van toepassing is. Kyk of u dit self deur Bybelstudie te doen kan raaklees.Gebruik gerus verskillende vertalings van die Bybel.
STEEK ONS HANDE OP TYDENS AANBIDDING
IS ONS VRIENDE MET ANDERE
Waarom DOOP ONS?
Moet ek gedoop word?
Markus 16:16 (Die Boodskap vertaling): "Elkeen wat julle boodskap glo en by julle as Christene aansluit deur gedoop te word, sal gered word. Iemand wat dit nie wil glo nie, kan maar vergeet: God sal hom straf." Daar is nog baie verse oor die doop maar die belangrikste is dat U vir iemand kontak wat u kan verduidelik en doop soos die Bybel as Woord van God dit vereis. U kan ons kontak by interactiveadmin@agshelderberg.co.za
| BYBEL VERSE OOR GEESTELIKE GROEI | BYBEL VERSE OOR DIE DOOP |
SANGDIENSTE
BOODSKAPPE (PREKE)
Sien https://afmhelderberg.co.za/page-10/
KOSBARE VIDEO BEDIENING
GEMEENTE BYBELSTUDIES
GEMEENTE NUUS, MAANDBLAAIE EN WEEK/NAWEEK BULLETINS
Stem assemblies toe tot ons Privaatheidsbeleid . Indien nie, laat ons asseblief per epos weet. Aanlyn tuiste hier word nog ontwikkel. Please acknowledge that you agree to our privacy policy. If not, please send us an email. Website under development.

AGS Helderberg: Lekker om te kuier, beter om te bly!