Baie jare gelede het God met ons die gedagte van Dienaars in Aanbidding gedeel. Dit het so ‘n werklikheid geword dat Ons gemeente dit later as slagspreuk aanvaar het en uitgebrei het. Hierdie gespreksvorm is die geleentheid om so iets oor te dra van die baie wat God se woord met ons deel oor Dienaars in aanbidding. U kan ook vir ons help om hierdie boodskap uit te bou en uit te dra. Stuur gerus u opmerkings of dit wat God deur Sy Gees vir u openbaar na interactive@agshelderberg.co.za
Inleiding: Stories van die Bus en die Voorskoot
Die predikant (Pastoor Ronnie Barnard) het eendag hier op Pinkster Park gepreek en voor die gehoor sy sakdoek uitgehaal. Hy het dit hoog om sy nek gehoor soos 'n hotel of deftige restaurant eetservet wat mens om jou nek en bors nasmaak om te verhoed dat jy op jouself of jou klere mors. Hy sê dis hoe baie mense kerk bywoon, met die servet hoog om hulle vasgemaak, gereed om bedien te word. Maar dan het hy die sakdoek laat sak en eerder soos 'n voorskoot laag om hom gehou met die verduideliking dat dit eerder is hoe kinders van die Here gereed moet staan. Eerder as om te sit en bedien te word met die servet hoog om hulle nek, gereed om bedien te word, behoort hulle die voorskoot aan te trek, gereed om te bedien.
My Pa het iets soortgelijk uitgebeeld met die illustratie van 'n bus vol passassiers....
(Lees Binnekort Verder)

