Hallo kerkganger of aanlyn besoeker,

Gesels gerus saam met ons oor kerk. Ons wil veral die bywoning van kerkdienste hier bespreek. Stuur asseblief vir ons u siening oor kerkbewoning na interactiveadmin@agshelderberg.co.za

Ons wil graag nog bydraes hier lees.


KERKBYWONING AS ONDERLINGE BYEENKOMSTE

“en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.” ‭‭HEBREËRS‬ ‭10:25‬ ‭AFR53‬‬  

Kerkdienste is deel van ons onderlinge byeenkomste. As sulks behoort ons ook nie te versuim om die dienste by te woon nie. Wat staan nog in die Bybel oor kerkbywoning? 


'N PLEK WAAR ONS KAN SAAMWEES 

Die Boodskap vertaling van Hebreërs 10:25b is "laat ons mekaar se hande vat en mekaar daarmee help, veral as ons daaraan dink dat dit nie meer lank is voor die Here weer kom nie." 

Dis 'n geldeenheid om saam hand te vat en mekaar te bemoedig.


'N PLEK WAAR ONS PSALMS EN ANDER LIEDERE KAN SAAMSING

KOLOSSENSE 3:16 (Boodskap vertaling maar ons beklemtoning): "Jesus se boodskap moet in julle lewe wees wat 'n bouplan vir 'n Bouer is. Dit moet die plan wees vir alles wat julle doen. Daarom moet julle nie tevrede wees voordat julle alles weet wat Jesus vir julle wil sê nie. Leer mekaar wat reg en verkeerd is. As iemand 'n fout maak, help hom reg. GEBRUIK OOK PSALMS EN ANDER LIEDERE OM DIT TE DOEN. SING UIT JULLE HART UIT, WANT MET HIERDIE GEESTELIKE LIEDERE SÊ JULLE OOK VIR GOD DANKIE.


'N PLEK WAAR ONS DIE HERE KAN DIEN DEUR MEKAAR KAN STIG

Korinthiërs 14:26 (Bybel vir Almal vertaling- ons beklemtoning):

"Wat die gemeente moet doen wanneer hulle bymekaarkom

Vriende, wat beteken dit alles? Dit beteken dat wanneer julle bymekaarkom, dan het elkeen 'n genadegawe, hy kan die Here daarmee dien. Daar is verskillende genadegawes: om 'n lied te sing, om iets vir ander mense te leer, om te vertel wat die Here vir jou gewys het, om in tale te praat, of om daardie tale te kan tolk. Maar onthou, alles moet só gebeur dat dit julle geloof sterker maak..."


 IN DIE TYD VAN DAWID: GOD WORD IN DIE OPENBAAR AANBID OP GEORGANISEERDE WYSE 

Hoe het God met sy volk om gegaan by die aanbiddingsplek? Lees gerus 1 Kronieke 15: Dawid Bring Die Ark Na Jerusalem Oor en Reel die Openbare Godsdiens


PREDIKING

Al is dit nie al plek vir preek nie, is dit so dat van die vroegste tye af, God se woord en boodskap deur prediking oorgedra is by amptelike aanbiddingstye. Preek is nie net iemand wat praat oor sedes nie. Dit is deel van die plan wat God in sy wysheid daar gestel het.  God se gedagtes en plan is dikwels anders as wat mens sou dink. Lees byvoorbeeld hierdie beskrywing van die wysheid van God in 1 Korinthiers 1 vers 18 en verder:

"18 Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. 

19 Daar staan tog geskrywe: 'Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.'

20 Waar is die wysgeer van hierdie wêreld nou? Waar die skrifgeleerde? Waar die slim woordvoerder? Het God nie die wysheid van die wêreld tot onsin gemaak nie? 

21 Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wêreld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie. Daarom het God in sy goedheid besluit om deur die prediking wat vir die wêreld onsin is, dié te red wat glo. 

22 Die Jode vra wondertekens en die Grieke soek wysheid, 

23 maar ons verkondig Christus wat gekruisig is. Vir die Jode is dit 'n aanstoot en vir die ander is dit onsin, 

24 maar vir dié wat deur God geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God..."

By die Sondag of ander dienstye is prediking dus ook nog 'n geleentheid om God se plan vir ons te vervul.



Hallo kerkganger of aanlyn besoeker,

Gesels gerus saam met ons oor kerk. Ons wil veral die bywoning van kerkdienste hier bespreek. Stuur asseblief vir ons u siening oor kerkbewoning na interactiveadmin@agshelderberg.co.za