Gesels hier deur u inset of kommentaar te stuur aan interactiveadmin@agshelderberg.co.za
Die gedeelte wat volg is nie om U te veroordeel of skuldig te laat voel nie. Dit is ook nie om mensgemaakde reëls te skep nie. Die skryf daarvan het selfs vir die skrywers goed laat nadink oor hoe ons optree. Hopelik help dit ons om gehoorsaam te wees aan daardie Heilige Gees stem diep binne ons en gesonde gewoontes te kweek.
Dit is maklik om ons optrede te probeer regverdig maar God se woord kan vir ons dien as ‘n objektiewe maatstaf waar volgens ons ons optredes kan meet, kan bely en beter kan leef. Hierdie gedeelte oor Gesonde Gewoontes is bedoel om ons as persoon wat dalk sal wil regverdig wat ons doen, te antwoord met ‘n ernstige, nugtere kyk en hoër maatstaf.
Die bedoeling is dat ons oor tyd God se heiligmaking natreef. Wat sou Jesus doen en watter keuse sou Hy verwag dat ons moet doen.
Kom ons bespreek dan watter goeie ons kan inneem en wat ons liewers moet vermy om in te neem. Die bedoeling is om oor tyd uit te brei in hierdie gesprek, maar hier is solank kort notas oor leesstof en rolprente in hierdie konteks.
GOEIE LEESSTOF
Natuurlik is die begin punt God se woord. Lees die Bybel daagliks en laat God se woord toe om ons gedagtes en ons oor die kort en lang termyn te verander.
DIE BYBEL BOEKE
Sopas tot bekering gekom? Waar moet ek begin met die Bybel? God se goeie boodskap in die Nuwe Testament gaan oor Jesus en wat hy vir mense soos ons gedoen het. Begin gerus met een van die eerste 4 Boeke van die evangelies:
Lukas: Geskryf deur 'n geneesheer, Lukas.
Lees dit gerus in u eie Bybel. Vir 'n goeie grafiese opsomming oor die boek, sien ons Bybelstudie by https://agshelderbergapp.net.za
Ander goeie leesstof wat ons aanbeveel sluit in:
[Laat weet vir ons indien u ‘n goeie boek het om aan te beveel sodiat ons kan oorweeg om dit by hierdie lys te voeg.]
And The Shofar Blew deur Joanne Rivers
DNA Gifts: Dynamic Natural Ability deur Juan Nel
The Five Love Languages: secret to a Love that lasts deur Gary Chapman
John G Lake: His Life, His Sermons, His Boldness of Faith (deur Kennith Copeland Publications)
The Little Prince and the Rose deur Mae Annsel Robira
A Love That Lasts Inspiring Insights From Couples Married 50 Years and Beyond deur (redakteur) Tom Hafer
A Love That Laughs deur Ted Cunningham
Normal Is Just A Setting on Your Hairdrier deur Patsy Clairmont
Onder die Genadehand van God deur Samuel Wilschewski
The Scarlett Thread deur Joanne Rivers
Sons of Encouragement Omnibus deur Joanne Rivers (Ook beskikbaar in Afrikaans as Manne wat Bemoedig.)
Unshackled deur Basil Sparks (sien https://unshackled.co.za )
VISUELE MEDIA EN ROLPRENTE
Die visuele media (dit wat ons sien en hoor), het ’n groot impak op ons lewens. Ons kan streef na heiligheid of ‘n Geestelike skoon lewe deur wyse en ingeligte besluite te neem oor ons blootstelling aan televisie, internet, rolprente, videos, en daardie besluite toe te pas.
1 TESSALONISENSE 5:22 NLV is baie direk met die volgende wenk of lewensriglyn: “Bly weg van elke vorm van kwaad.”
Spreuke 27:12 (NLV) stel dit so: “’n Verstandige mens sien onheil kom en kruip daarvoor weg. Onverstandige mense loop oopoë daarin en betaal die prys daarvoor.”
Ons kan bid dat God ons daagliks help om daagliks die kwaad en onheil te vermy en onsself eerder bloot te stel aan die goeie.
Wat foto’s, rolprente of films aan betref, is dit goed om waaksaam te beweeg. Ons kan toelaat dat God se Heilige Gees ons wys wat om te vermy.Hier volg ‘n paar nuttige wenke om U by te staan. Indien u nog wenke of wyshede het om by te dra, stuur dit asseblief aan ons by interactiveadmin@agshelderberg.co.za Ons wil ook graag ‘n lys van goeie materiaal en rol prente opbou sodat lesers aangemoedig word om daardie films Te kyk. Stuur ook asb. vir ons die name van sulke rolprente of materiaal. Hier volg die wenke en daarna ’n lys van rolprente wat voorgestel word of liewers vermy behoort te word.
WENKE VIR GESONDKYK
1 VERMY
Daar is ooglopende materiaal wat ons behoort te vermy. (Watter boodskap dra die titel uit? Wat Sê die ouderdomsperke vir u? Waar tref u die prent aan? laat dit u ongemaklik of vuil voel? Bevat dit pornografiese materiaal? Geweld? Onvanpaste taalgebruik? Wie ‘n oor het om te hoor, laat hom hoor wat die Gees Vir die gemeente sê)
2 FOCUS ON THE FAMILY (PluggedIn.com) het ook ‘n goeie aanlyn hulpmiddel wat ons kan gebruik om eers te lees oor films of reekse wat ons wil kyk. Uit hulle resensies kan mens byvoorbeeld optel hoeveel van sekere kras woorde in die films gebruik word, hoeveel maal die naam van God misbruik word ens. Boekmerk gerus hulle aanlyn toep en doen ‘n soek oor rol prentje wat u reeds gekyk het of wil kyk. Die aanlyn adres is https://www.pluggedin.com/
Go here to see a Christian perspective review of the movie you would like to watch
Nou volg ons lyste.Hier het ons u nodig. Laat weet asseblief die name van rolprente en dui aan onder watter kategorie van die volgende 3 u die rol prent Sal plaas:(1) wat die moeite werd is, wat (2) dalk die moeite en tyd werd is en (3) wat liefs vermy behoort te word.
Indien ons iets onder ‘n verkeerde indeling gelys het, help ons asseblief om dit reg te stel deur aan te dui onder watter van die kategorieë u dit sou plaas en waarom u so sê. Stuur dit asseblief aan ons by interactiveadmin@agshelderberg.co.za
Die verskaffer se naam is onderhewig aan verandering en ons gee weer wat ons volgens ons inligting van tyd tot tyd verneem. Somtyds is daar meer as een verskaffer maar ons gee een verskaffer. Die bedoeling is nie om enige verskaffer te onder skryf of ondermyn nie.
3 DIE MOEITE WERD
Sien egter Asb ook die PluggedIn.com kommentare vit meer detail kommentare oor geweld, kru taal en optrede ens. tov elke rolprent.
The Chosen Goeie gehalte vervolgreeks van Angel Studios oor Jesus se lewe. U kan selfs 'n toep aflaat vir maklike toegang op mobiele toestelle. Kliek hier op die prent:
2nd Chances (Beskikbaar oa op Amazon)
Billy Graham: An Extraordinary Journey (Beskikbaar oa op Amazon)
Born Again (Beskikbaar oa op Amazon)
Break Every Chain (Beskikbaar oa op Amazon)
Cross and the Switchblade (Beskikbaar oa op Amazon) - Steeds ‘n relevante boodskap vir ‘n bende blootgestelde Suid-Afrika.
Decisions of Faith (Beskikbaar oa op Amazon)
Faith Under fire (Beskikbaar oa op Amazon)
Finger of God produksies: Sien die rolprente/video’s bekom aar by http://www.wpfilm.com/finger-of-god-2/share-a-thon/#.XuZOP3plFGM.whatsapp
Fireproof
Love Again (Beskikbaar oa op Amazon)
One Night With the King (Story of Esther)
Right Before Your Eyes (Beskikbaar oa op Amazon)
Run Baby Run: The Life Story of Nicky Cruz (Beskikbaar oa op Amazon)
Selfie Dad (Beskikbaar op Showmax)
The Touch of the Master's Hand (Beskikbaar oa op Amazon)
Trust (Beskikbaar oa op Amazon)
4 DALK
Sien egter Asb (waar beskikbaar) ook die PluggedIn.com resensie vir meer detail kommentare oor geweld, kru taal en optrede ens. tov elke rolprent.
Klein Karoo
Klein Karoo 2 (Showmax)
Runaway Romance (Amazon)
Time Changer (YouTube at https://youtu.be/RYCqZOEpPxE )
5 LIEWERS NIE
Sien egter Asb ook die PluggedIn.com kommentare vit meer detail kommentare oor geweld, kru taal en optrede ens. tov elke rolprent.
365 Reeks rolprente
Bruce Almighty (Language etc)
Designated Survivor Reeks (Misbruik van God se naam;Taalgebruik ens. )
Look Both Ways (Taalgebruik en naam van God/Jesus misbruik)
Pretty Woman
Resident Evil: Rolprent en Reeks (Geweld en vuil taal)
Sweet Magnolias (oa God se naam misbruik)
Top Gun (o.a Naam van Jesus gebruik as kras woord)
Top Gun Maverick (o.a Naam van Jesus gebruik as kras woord)
Help ons asseblief om hierdie lys uit te brei om andere aan te moedig om ook goeie kykgewoontes te kweek: interactiveadmin@agshelderberg.co.za
Ons wil graag nog bydraes hier lees.
Stuur asseblief u bydrae tot vir hierdie interaktiewe gesprek (blog) vir ons by interactiveadmin@agshelderberg.co.za





