God se woord is vir ewig
God se woord vergaan nie. Al vergaan dinge om ons, al verander ons wêreld en al verdwyn die tasbare dinge waaraan ons gewoond is, God se woord staan vas. As ons onsself definieer deur waar ons woon, wat ons besit of hoe die dinge om ons lyk, sal dit wie ons is en hoe ons onsself beskryf, soos die tyd aanstap, verander. Daar is dinge wat gister of in die verlede deel van my was, wat vandag nie meer bestaan nie of wat in die toekoms sal verander of selfs verdwyn. Die woord van God egter, dis anders. Hierdie feit het belangrike gevolge vir elkeen van ons. As die woord van God in ons is, sal daardie woord in ons, nie vergaan nie. Dis bring 'n standvastigheid aan ons bestaan wat ons hele lewe, ja self ons definisie van wie ons is, vir ewig verander. Wat beteken die woord van God vir ons? Bydra deur AGS Helderberg Bestuurslid
Voorbeeld van aanlijn Bybelstudiegesprek
Gedurende Lockdown he ons gemeente onder andere aanlyn Handelinge bestudeer en bespreek. U kan kan meer oor Handelinge leer by https://agshelderbergapp.net.za/page/
Bydra deur AGS Helderberg Bestuurslid
Wat beteken God se woord vir u?
Stuur asseblief u bydrae tot vir hierdie interaktiewe gesprek (blog) vir ons by interactiveadmin@agshelderberg.co.za
Dis Waarheid!
"Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid." Johannes 17:17
Dis lig!
"U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad" Psalm 119:105
Die Bybel vir Almal vertaling stel dit so: "Die dinge wat u vir ons gesê het, is vir my soos 'n lamp wanneer ek in die donker loop, dit was vir my hoe ek moet lewe." Dis 'n objektiewe maatstaaf, 'n "Benchmark" waarvolgens ek my lewe kan inrig op 'n wise wat ewigheidswaarde het. Bydra deur EB
Ons wil graag nog bydraes hier lees.
Stuur asseblief u bydrae tot vir hierdie interaktiewe gesprek (blog) vir ons by interactiveadmin@agshelderberg.co.za
Ons wil graag nog bydraes hier lees.
Stuur asseblief u bydrae tot vir hierdie interaktiewe gesprek (blog) vir ons by interactiveadmin@agshelderberg.co.za
Wat kan u vir ons sê oor God se woord.
Stuur dit na Stuur asseblief u bydrae na interactiveadmin@agshelderberg.co.za


