Dag 1

“Ek prys U sewe maal elke dag omdat alles wat U besluit, reg is.”

‭‭Psalms‬ ‭119:164‬ ‭ABA‬‬

https://bible.com/bible/2/psa.119.164.ABA

Gebed vir die dag:

Dankie Hemelse Vader vir regverdige en wyse besluite. U weet wat is die beste vir ons. 


Dag 2

“Ek wil U elke dag prys, ek wil u Naam prys, altyd en altyd.”

‭‭Psalms‬ ‭145:2‬ ‭ABA‬‬

https://bible.com/bible/2/psa.145.2.ABA

Gebed vir die dag:

Hemelse Vader u is goed en daar is geen einde aan redes om u te loof en prys nie. Ons prys u vir solank ons kan.Dankie vir…[noem dit waaraan u kan dink waarvoor u vandag dankbaar is bv. Liefde, versorging, gesondheid, familie, vriende, beskerming, voedsel, U woord, …ens.  ]


Dag 3

“Hulle het elke dag na die tempel gegaan en hulle het God geprys.”

‭‭Lukas‬ ‭24:53‬ ‭ABA‬‬

https://bible.com/bible/2/luk.24.53.ABA


Gebed vir die dag:

Hemelse Vader, die tempel was die gebou waarheen mense elke dag gegaan het om te offer, te bid en U te dien. Help ons om elke dag aan u te offer, elke dag te bid en elke dag U voluit te dien.


Dag 4

“Gee vir ons die kos wat ons elke dag nodig het.”

‭‭Lukas‬ ‭11:3‬ ‭ABA‬‬

https://bible.com/bible/2/luk.11.3.ABA


Gebed vir die dag:

Dankie Hemelse Vader dat u daagliks vir ons sorg. U hou aan om Vir ons goed te wees. Ons bid met danksegging dat u vir ons ons daaglikse kos sal voorsien. 

Ons bid vandag ook soos U Seun vir sy dissipels geleer het (Lukas 11:2-4)-

Vader, ons bid dat al die mense u heilige Naam sal eer omdat U God is. 

Ons bid dat die tyd moet kom wanneer almal sal weet U is Koning. 

Gee vir ons die kos wat ons elke dag nodig het. 

En vergewe ons alles wat ons verkeerd gedoen het, want ons vergewe ook ander mense wat teen ons verkeerd gedoen het. 

Help ons dat niks sal gebeur wat ons verkeerd sal laat doen nie.


Dag 5

“Jy moenie dit vergeet nie, jy moet dit elke dag onthou. Dan sal jy weet hoe jy moet lewe, jy sal elke dag en elke nag weet wat jy moet doen.”

‭‭Spreuke‬ ‭6:21-22‬ ‭ABA‬‬

https://bible.com/bible/2/pro.6.21-22.ABA


Gebed vir die dag:

Hemelse Vader, help ons om elke dag die goeie riglyne wat ons geleer is te onthou, sodat ons in alles wyse besluite kan neem en daar volgens optree. Amen


Dag 6

“Dit is Hý wat baie goeie dinge vir my gee, sodat ek elke dag so jonk voel soos 'n arend.”

‭‭Psalms‬ ‭103:5‬ ‭ABA‬‬

https://bible.com/bible/2/psa.103.5.ABA


Gebed vir die dag:

Dankie Hemelse Vader vir alles wat U vir my gee. Dankie dat U my krag gee van dag tot dag om aan te gaan. Ongeag my omstandighede vernuwe U my gedagtes en verkwik U my. Ek kan bo dit wat om my aangaan uitstyg. Amen.


Dag 7

“Julle moet ses dae lank elke dag manna optel, maar die sewende dag is die Sabbatdag. Dan sal daar nie manna wees nie.””

‭‭Eksodus‬ ‭16:26‬ ‭ABA‬‬

https://bible.com/bible/2/exo.16.26.ABA


Gebed vir die dag:

Dankie Hemelse Vader vir daaglikse voorsiening en Dankie vir tye van rus. Help ons om ook op die bestemde tye rustig te wees en U werke te aanskou en U te eer.


Dag 8

“Kyk ’n slag na die voëls: hulle het nie groot skure waarin hulle elke dag hulle kos bêre nie. Tog is hulle nooit honger nie. God sorg dat hulle elke dag genoeg het om te eet. Weet julle, julle is baie meer werd vir God as al die voëls in die hemel.”

‭‭Matteus‬ ‭6:26‬ ‭DB‬‬

https://bible.com/bible/50/mat.6.26.DB


Gebed vir die dag:

Hemelse vader, die natuur is pragtig. Dankie vir die voëls wat U gemaak het en wat U elke dag voor sorg. Dankie dat hulle genoeg het om te eet en dankie dat Jesus gesê het dat ons baie meer werd is as die voëls in die hemel. Dankie dat hulle so mooi sing. Ons wil u ook loof in sang.  [Sing ‘n lied of koortjie wat u ken vir Hom]


Dag 9

“Ek, Wysheid, maak my tuis by dié wat verstand het. Ek weet waar om kennis en onderskeidingsvermoë te bekom. …Soos ’n boumeester was ek elke dag langs Hom. Ek was elke dag sy vreugde. Die hele tyd het ek dit by Hom geniet….

‭‭SPREUKE‬ ‭8:12, 30‬ ‭NLV‬‬

https://bible.com/bible/117/pro.8.30.NLV


Gebed vir die dag:

Dankie Hemelse Vader dat U die aarde en ons met wysheid gemaak het. Ons bid ook vir daaglikse wysheid sodat ons elke dag sal weet hoe om reg op te tree.


Dag 10

“Sy familie was tussen die ballinge wat koning Nebukadnesar van Babel saam met koning Jojagin van Juda uit Jerusalem weggevoer het. Mordegai het sy niggie Hadassa grootgemaak. Haar ander naam was Ester. Sy was ’n weeskind. Nadat haar pa en ma dood is, het Mordegai haar as sy dogter aangeneem. Sy was buitengewoon mooi...

Hegai was baie in sy skik met Ester en hy het haar baie goed behandel. Hy het gesorg dat sy goeie skoonheidsbehandeling kry en die regte dieet volg. Hy het sewe van die beste kamerpersoneel tot haar beskikking gestel en hulle na die beste deel van die koning se harem verskuif...

Mordegai het elke dag in die voorhof van die harem gaan rondstaan om agter te kom hoe dit met Ester gaan en wat met haar gebeur.”

‭‭ESTER‬ ‭2:6-7, 9, 11‬ ‭NLV‬‬

https://bible.com/bible/117/est.2.6-11.NLV


Gebed vir die dag:

Hemelse Vader, dankie dat U sorg vir die wat verlate is, dat U ‘n plan het vir mense wat hulle geliefdes verloor het, ja selfs al is iemand wees, is daar in U Vir hulle ‘n toekoms. 

Dankie ook vir mense wat elke dag belangstel en moeite maak om uit te vind hoe dit met ander gaan. Help ons om ook so te doen. Wys Ons asseblief deur U Heilige Gees, na wie se welstand ons elke dag moet verneem en hoe ons dit moet deurvoer. 

Ek dink vandag aan…..[laat die Heilige Gees toe om hierdie gedeelte vir u te voltooi]


Dag 11

“Die Here sê vir die koningsnageslag van Dawid: Lewer elke dag regverdige uitsprake! As iemand besteel is, beskerm hulle en red hulle van hulle uitbuiters. As julle dit nie doen nie, sal my woede soos ’n vuur brand wat niemand kan blus nie. Dit sal gebeur oor al julle sondes wat julle doen.”

‭‭JEREMIA‬ ‭21:12‬ ‭NLV‬‬

https://bible.com/bible/117/jer.21.12.NLV


Gebed vir die dag:

Hemelse Vader, dankie vir U woord wat vir ons aandui hoe om reg op te tree teenoor andere en om hulle te beskerm. Help ons asseblief om te onthou en om dit te doen. 

Dankie ook vir Jesus wat aan die kruis vir ons sondes gesterf het sodat ons die verdiende straf kan vermy en volkome genade en U vergifenis beleef. 

Ons wil nie U genade minag nie maar eerder optree volgens die riglyne in die Bybel.

Amen.


Dag 12

“Sy het gedoen soos Elia gesê het. Voortaan het hulle al drie elke dag genoeg gehad om te eet.”

‭‭1 KONINGS‬ ‭17:15‬ ‭NLV‬‬https://bible.com/bible/117/1ki.17.15.NLV


Gebed vir die dag:

Dankie Hemelse Vader dat U meer as genoeg is. Genoeg vir my en die mense om my.

Liedjie: 

Hy’s meer as genoeg

Meer as genoeg

Hy is El Shaddai

Die God van Oorvloed

Die algenoegsaam een

God almagtig 

Jesus is meer as genoeg


Amen


Dag 13

“Die mense daar was ontvankliker as dié in Tessalonika, en hulle het met groot belangstelling na Paulus se boodskap geluister. Hulle het elke dag die Skrifte ondersoek om te sien of dit is soos Paulus en Silas sê.”

‭‭HANDELINGE‬ ‭17:11‬ ‭NLV‬‬https://bible.com/bible/117/act.17.11.NLV


Gebed vir die dag:

Hemelse Vader help ons om elke dag die Bybel te ondersoek en te beproef of dit wat ons geleer word oor een stem met U woord. U woord is die waarheid. 

Amen.


Dag 14

“En elke dag het hulle aangehou om mense in die tempel en van huis tot huis te onderrig en die Goeie Nuus te preek dat Jesus die Messias is.”

‭‭HANDELINGE‬ ‭5:42‬ ‭NLV‬‬https://bible.com/bible/117/act.5.42.NLV

Gebed vir die dag:


Hemelse Vader, help ons om elke dag U woord te gebruik en dit by ons kerk en by wonings waar ons kom te versprei sodat ons ook deel is van u volgelinge wat Jesus se naam verkondig en te verkondig dat Hy die Messías is wat weer gaan kom om U kinders te kom haal om daar by U te wees.


Dag 15

“As enigeen beweer: “Ek het God lief,” maar ’n broer of suster haat, is só ’n persoon ’n leuenaar, want as ons ’n broer of suster wat ons elke dag sien, nie liefhet nie, kan ons mos nie vir God liefhê wat ons nie kan sien nie.” 1 JOHANNES 4:20 NLV https://bible.com/bible/117/1jn.4.20.NLV

Gebed vir die dag:

Hemelse Vader, help ons om ons broers en susters wat ons elke dag Sien, lief te hê sodat ons daardeur ook vir U ons liefde kan bewys. U is liefde. Ons is lief vir U.


Dag 16

“Op elke Dag van die Here moet elkeen van julle na vermoë tuis iets opsy sit en dit spaar sodat daar nie eers insamelings plaasvind wanneer ek kom nie.”

‭‭1 KORINTIËRS‬ ‭16:2‬ ‭NLV‬‬

https://bible.com/bible/117/1co.16.2.NLV


Gebed vir die dag:

Hemelse Vader, Dankie vir Jesus. Dankie vir ‘n plan in U woord vir U kinders om vroegtydig bymekaar te maak vir spesiale geleenthede en opdragte. Wys ons asseblief sulke geleenthede en help ons om reg in te samel daarvoor. U woord is ernstig oor die nood en versorging van behoeftiges. Dankie daarvoor. Ons wil instrumente in U hand wees in die versorging van andere om ons en verder. 


Amen.


Dag 17

Geloof sy die Here!Dag na dag dra Hy ons! God is ons hulp! Sela. God is vir ons die God wat ons red, die Here ons God deur wie ons bewaar word in doodsgevaar. Psalm 68:20-21 1983/1992 BibleSA https://biblesa.co.za/Bybel/AFR83/PSA.68/PSALMS-68

Gebed vir die dag:

Dankie Hemelse Vader dat U ons dag na dag dra en bewaar, selfs in doodsgevaar. Help ons assertief om so te leef dat ons onder U beskerming bly. Vergewe ons waar ons twyfel of struikel. Dankie vir Goddelike redding.


Dag 18

Onder die ou verbond staan elke priester dag vir dag op diens en bring hy oor en oor dieselfde offers wat tog nooit die sondes kan wegneem nie.”

‭‭HEBREËRS‬ ‭10:11‬ ‭NLV‬‬

https://bible.com/bible/117/heb.10.11.NLV


Gebed vir die dag:

Dankie Hemelse Vader vir ‘n nuwe verbond. Dankie dat Jesus vir ons sondes gesterf het. Dankie dat U genade elk dag op nuut is. Vergewe ons ons sondes en help ons om ander te vergewe soos U dit van ons verwag, dag na dag.


Dag 19

“Here, wees ons genadig! Ons wag op U! Wees elke dag ons krag, ons redding in tye van nood.”

‭‭JESAJA‬ ‭33:2‬ ‭NLV‬‬

https://bible.com/bible/117/isa.33.2.NLV


Gebed vir die dag:

Hemelse Vader, wees ons asseblief genadig, ons krag vir elke dag , en ons redding in tye van nood. Ons wag op U. Ons vertrou op U. Ons glo in U.

Amen.


Dag 20

“Daar het 'n koninklike opdrag oor die sangers bestaan, 'n voorskrif oor hulle optrede soos dit elke dag moes geskied.” ‭‭NEHEMIA‬ ‭11:23‬ ‭AFR83‬‬ https://bible.com/bible/6/neh.11.23.AFR83


Gebed vir die dag:

Hemelse Vader ons wil u lof graag besing deur alles wat ons doen. Help ons om ook ons regeerders se wettige opdragte na te kom. Dankie vir vasgestelde orde selfs wanneer ons diens doen in die kerk en gemeenskap.


Gebed vir die dag:


Dag 21

“die Here hou nooit op om vir ons om te gee nie. Hy bly getrou. Sy liefde het ons gespaar. Hy het gekeer dat ons heeltemal uitgewis is. ’n Mens kan altyd op U vertrou. Elke oggend is U maar weer daar.” ‭‭Klaagliedere‬ ‭3:22-23‬ ‭DB‬‬ https://bible.com/bible/50/lam.3.23.DB

Gebed vir die dag:

Dankie Heer vir standvastigheid in U. Elke oggend, nuwe krag en genade.


Dag 22

En die drywers het aangedryf en gesê: Voltooi julle werk volgens die eis van elke dag net soos toe daar strooi was. Eksodus 5:13


Gebed vir die dag:

Hemelse Vader soms word van ons verwag om steeds, ten spyte van moeiliker omstandighede,dieselfde opbrengs of resultate te lewer. Help ons om dan selfs beter te kan doen.Help ons ook om bevry te word van dinge wat ons vasthou.Dankie vir die belofte van ‘n uittog uit slawerny. Wie Jesus vry maak, is waarlik vry. Dankie dat ons die waarheid kan ken. Die waarheid sal ons vry maak.Help ons om waarlik U te dien en ken.


Dag 23

Hebreërs  7

25 Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree. 

26 Want so ‘n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemele geword het; 

27 wat nie elke dag nodig het, soos die hoëpriesters, om eers vir sy eie sondes offers te bring en dan vir dié van die volk nie. Want dit het Hy net een maal gedoen toe Hy Homself geoffer het. 

Gebed vir die dag:

Koortjiegebede:

Thank you God for sending Jesus. Thank you Jesus that you came. Holy Spirit won’t you tell us more about His holy name


Ons sê net “dankie”, “dankie” vir die Here

Ons sê net “dankie”, “dankie” vir die Here

Ons sê net “dankie”, “dankie” vir die Here

Ons sê net “dankie”, “dankie” vir die Here.


Dag 24

“Hy het die priesters se take bepaal volgens die voorskrifte van sy pa Dawid. Hy het ook die Leviete beveel om volgens voorskrifte die volk te lei in die lofprysings. Hulle moes ook die priesters bystaan in hulle daaglikse pligte. Hy het ook die poortwagters volgens hulle afdelings aangestel soos Dawid, die man van God, beveel het.”‭‭2 KRONIEKE‬ ‭8:14‬ ‭NLV‬‬ https://bible.com/bible/117/2ch.8.14.NLV

Gebed vir die dag:

Hemelse Vader help ons om  ons daaglikse diens werk verligtinge te ken en uit te voer.


Dag 25

“Maar party van die Jode het hardkoppig gebly en hulle het ongelowiges gebly. Hulle het aangehou om sleg te praat van “Die Pad,” hulle het dit gedoen waar al die mense dit kon hoor. Paulus het toe weggegaan van die Jode en hy het die gelowiges weggeneem saam met hom. Hy het toe elke dag met hulle gepraat in die skool van Tirannus. ‭‭Handelinge‬ ‭19:9‬ ‭ABA‬‬https://bible.com/bible/2/act.19.9.ABA

Gebed vir die dag:

Hemelse Vader, help ons om weg te beweeg van struwelinge en dit wat ons aandag aftrek van U woord en roeping in ons lewe.


Dag 26

“Toe het Hy vir die skare gesê: “As julle my volgelinge wil wees, moet julle julle eie-ek prysgee, elke dag julle kruis opneem en My volg.”

‭‭LUKAS‬ ‭9:23‬ ‭NLV‬‬ https://bible.com/bible/117/luk.9.23.NLV

Gebed belydenis met sang vir die dag:

Hemelse Vader, Ons wil Jesus volg soos die liederedigter geskryf het:

I have decided to follow Jesus (x3)

No turning back praise the Lord no turning back


The cross before me the world behind me 

(X3)

No turning back praise the Lord no turning back


You can take the whole world but give me Jesus 

(X3)

No turning back praise the Lord no turning back


Dag 27

Lees Nehemia 5 vers 1 tot 19 in Die Boodskap vertaling vir behoorlike konteks en dan veral die volgende:

“Ek het daagliks vir ten minste 150 Judeërs en hulle leiers kos gegee. Dit is nou buiten mense van die omringende gebiede wat by ons kom aansluit het en wat ook daar geëet het. Ek het elke dag ’n bees, ses uitgesoekte slagskape en baie hoenders gaargemaak. Elke tien dae is daar ook ’n nuwe voorraad wyn aangeskaf. Ten spyte van al hierdie uitgawes wat ek uit my sak moes betaal, het ek nooit my goewerneurstoelaag geëis wat ek hiervoor kon gebruik nie. Ek het geweet hoe swaar die mense alreeds kry.” ‭‭Nehemia‬ ‭5:17-18‬ ‭DB‬‬ https://bible.com/bible/50/neh.5.17-18.DB 

Gebed vir die dag:

Met verwysing na u eie gemeenskap, doen vir andere (dis nie te laat om nou te begin nie) en bid soos hy:

“My God, onthou tog alles wat ek vir hierdie volk gedoen het. Wees goed vir my daarvoor.” ‭‭Nehemia‬ ‭5:19‬ ‭DB‬‬ https://bible.com/bible/50/neh.5.19.DB 

Here help ons om die behoefde om ons raak te sien en van mense se nood te hoor en so op te tree sodat mense waarlik bevry kan word.

[indien u nie weet waar om te begin nie, ons Gemeente het ‘n versorgingspoort wat gereeld vir behoeftiges help. Maak asseblief ‘n bydrae tot hierdie poort sodat ons meer kan help.]


Dag 28

Hy gee my die krag om elke dag reg te lewe. Soos ’n goeie gids lei Hy my elke dag om volgens sy wil te lewe. Almal in my lewe kan sien hoe belangrik God is.” ‭‭Psalms‬ ‭23:3‬ ‭DB‬‬ https://bible.com/bible/50/psa.23.3.DB

Gebed vir die dag:

Vader U is vir my baie belangrik. Dankie vir bonatuurlike krag wat U verskaf en rigting wat U aandui. U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad. Ek praat graag met U in gebed.Ek besing U lof. U naam is soos heel makende salf vir my. U is my oppasser, my leier. Ek is lief vir U.


Dag 29

“En dit is wat jy op die altaar moet berei: twee jaaroud lammers gereeld elke dag. “ Eksodus 29 vers 38

“En jy moet vir hulle sê: Dit is die vuuroffer wat julle aan die HERE moet bring: twee jaaroud lammers sonder gebrek elke dag as ‘n voortdurende brandoffer. “ Numeri 28 vers 3

Vir ‘n omvattende lys van verse oor Jesus as “lam” van God, sien: https://www.biblegateway.com/resources/dictionary-of-bible-themes/2315-Jesus-Christ-as-Lamb

Gebed vir die dag:

Dankie Hemelse Vader dat Jesus die lam geword het, u lam geslag vir ons sondes, vir ons. Daarom kan ons elke dag u troon van genade nader.


Dag 30

God is ‘n regverdige regter, en ‘n God wat elke dag toornig is. Psalm 7 vers 12

Gebed vir die dag:

Hemelse vader vergewe ons ons sondes. Ons wil nie U toorn veroorsaak nie en ons wil nie U Heilige Gees bedroef nie. Dankie vir Jesus en dat U ook elke dag weer opnuut vir ons genadig is. U genade is vir ons genoeg.


Dag 31

Openbaring 22 (2020 vertaling) Sê:

“1 Toe het die engel aan my 'n rivier met die water van die lewe gewys. Dit was helder soos kristal, en het gestroom uit die troon van God en die Lam.

2 In die middel, met die hoofstraat aan die een kant en die rivier aan die ander kant, staan die boom van die lewe, wat twaalf keer vrugte dra – elke maand dra dit vrug. En die blare van die boom bring genesing vir die nasies.

3 Daar sal geen vloek meer wees nie. Die troon van God en die Lam sal in die stad wees, en sy diensknegte sal Hom dien.

4 Hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam is op hulle voorkoppe.

5 Daar sal ook nie meer nag wees nie. Die behoefte aan die lig van 'n lamp en die lig van die son sal nie meer bestaan nie, omdat die Here God hulle sal verlig,* en hulle vir ewig en ewig as konings sal heers.”

Gebed vir die dag:

Dankie Hemelse Vader vir ‘n vooruitsig van ‘n ewigheid saam met U, ‘n ewigheid waar die tydelikheid van “elke dag” wat ons tans beleef vervang word deur ‘n ewige dag omdat die nag verenig verwyder word. Amen.


Ons wil graag nog Bybelstudies publiseer. Laat weet gerus oor onderwerpe wat u wil voorstel. Indien U skriftelike bydraes wil maak: 

Stuur asseblief u bydrae tot vir hierdie interaktiewe gesprek (blog) vir ons by interactiveadmin@agshelderberg.co.za