Privacy policy

PRIVAATHEID

Webtuiste Privaatheidsbeleid Inligting 

Taal Beleid

Hierdie Privaatheidsbeleid word ook in Engels weergegee op hierdie bladsy. E-pos ons gerus indien u verdere navraag het.

Die Apostoliese Geloof Sending van Suid-Afrika Helderberg Gemeente en Pinkster Park (tesame verder hierin na verwys as "AGS Helderberg") erken dat dit belangrik is om ander se privaatheid oor die Internet te respekteer. Hierdie privaatheidsbeleid is ontwerp om inligting ten opsigte van privaatheid en data versameling gebruike  vir die AGS Helderberg aanlyn blaaie gekoppel by http://www.agshelderberg.co.za, https://afmhelderberg.co.za, https://1930858.igen.app/ en https://1930858.igenapps.com/pwa Hierdie aanlyn blaaie en webtuistes word bedryf deur AGS Helderberg. 

Indien u bedsorg is of vrae het ten opsigte van hierdie verklaring, behoort u eers ons webtustes koördineerder te kontak by admin@agshelderberg.co.za of per pos by:

AGS Helderberg

Posbus 71

STRAND, 

WES-KAAP PROVINSIE

7139


Identifiserende Inligting

Oor die algemeen , kan u die aanlyn blaaie besoek en lees sonder om vir ons te sê wie u is of om enige inligting te verskaf oor uself. In sommige areas van die aanlyn blaaie vra ons u om inligting te verskaf wat ons instaat sal stel om ‘n bestelling te verwerk, dienste aan te bied, wat registrasie vereis, u te help met tegniese of ander ondersteuning of om met u op te volg. 

Algemeen gestel, versoek AGS Helderberg identifiserende inligting wanneer u:

Registreer op enige van ons webtuistes

‘n Bestelling plaas.

Terugvoering verskaf op ‘n aanlyn opname of ons vertel van ‘n idee of voorstel.

Deelneem in ‘n rebat (terugbetalings of afslag) program, kompetisie, of ander bemarkingsopname. 

Versoek indien vir ‘n SPESIALE DIENS

inligting of leêrs aanvrae van ons.

Aan gemeente of verwys te sosiale media blaaie deelneem.  

In hiertoe omstandighede mag AGS Helderberg u vra vir u naam, adres, epos adres, telefoonnommer en ander toepaslike inligting wat benodigd word om die dienste aan u te verskaf. In alle omstandighede het u die keuse en mag u (“unsubscribe”) u naam te enige typ te verwyder van die sirkulasielys.


Wat AGS Helderberg sal doen met u inligting

Indien u verkies om persoonlike inligting vir enige bogenoemde doel te verskaf, word sodanige inligting gehou deur AGS Helderberg en word dit slegs gebruik deur AGS Helderberg om die kliënt verhouding met u te ondersteun. Ons sal u nie by ’n poslys of nuusbrief voeg sonder dat u daarvoor registreer nie. Ons sal u kontak indien verdere inligting benodig word om ’n diens te voltooi.


Wat Ander Met U Inligting Mag Doen

AGS Helderberg deel, verhuur of verkoop nie enige persoon identifiserende inligting verskaf deur ons aanlyn bladsye (soos u naam of epos adres) aan enige buite organisasie vir gebruik in sodanige organisasie se bemarking of lok veldtogte nie. Van tyd tot tyd mag AGS Helderberg agente of kontrakteurs aanwend, welke persone toegang tot u persoonlike inligting sal hê om dienste te verskaf vir AGS Helderberg (soos DATABASIS ONDERHOUD ens.), maar van hulle word verwag om die inligting vertroulik te hou en hulle mag nie dit aanwend vir enige doel anders as om die dienste uit te voer vir AGS Helderberg nie. Daarbenewens mag AGS Helderberg ook versamelde inligting in geheel ten opsigte van sy besoekers en kliënte, sake vennote, en ander derde partye deel. Ons mag, byvoorbeeld, deel dat ons gebruikers x persentasie Windows Persoonlike Rekenaar gebruikers is en y persent Macintosh gebruikers is. Geen van hierdie inligting sal egter persoonlik identifiserende inligting ten opsigte van ons gebruikers bevat nie.


AGS Helderberg Aanlyn Winkel

Die AGS Helderberg Aanlyn Winkel word ontwerp om aan u opsies te gee met betrekking tot die privaatheid van u identifiserende inligting. Hierdie paragraaf is vantoepassing wanneer die Winkel in volle swang is. Indien u verkies, kan u ’n rekening opstel. Dit sal dit vir u moontlik maak om ’n bestelvormbladsy vir spesifieke vinniger bestellings te hê en om u aankopo of bestelling geskiedenis te sien. Om u privaatheid te beskerm, het ons die aanlyn blaaie ontwerp om sekere stappe in te sluit om u identiteit te verifier voordat u toegang verleen word of toegelaat word om regstellings op die rekening te maak. U sal altyd toegang tot hierdie rekening inligting hê en kan dit besigtig, opdateer of regstel te enige tyd. Vir toegang tot u inligting sal u ’n wagwoord benodig.

Wanneer u produkte aankoop of bestellings plaas deur ons aanlyn bladsye, sal die bestelvorm u vra om ’n werksure telefoonnommer te verskaf. Sodanige telefoonnommer word slegs gebruik om vrae met betrekking tot die bestelling vinnig op te los. Dit sal byvoorbeeld gebruik word om foutiewe of onaktiewe epos adresse op te klaar.


Derde Party Skakels

agshelderberg.co.za, afmhelderberg.co.za, 1930858.igen.app/ en 1930858.igenapps.com/pwa (“ons aanlyn blaaie”) verskaf wel skakels na ander webtuistes.. Ander internet tuistes en blaaie het aparte benaderings tot privaatheid en data insameling. U behoort hulle privaatheidsbeleide te raadpleeg. Sodra u ons aanlyn blaaie verlaat kan AGS Helderberg nie beheer uitoefen ten opsigte van die privaatheidsbeleide of data insameling van ander nie. Ons is nie daarvoor verantwoordelik nie.


Koekies (Data brokkies of uittreksels)

By tye gebruik ons ’n tipe rekenaar kode op u web leser (“browser”) gebruik om vir u rekenaar ’n “koekie” te stuur. Ons gebruik nie koekies om enige persoonlike inligting van u rekenaar te bekom nie. Ons gebruik slegs koekies om vas te stel hoe ons ons aanlyn tuistes en bladsye kan verbeter en om vir u beter en meer persoonlike diens te verskaf terwyl u ons web blaaie besoek of gebruik. U kan u web lese (“browser”) herstel om alle koekies te weier of om aan te dui wanneer ’n koekie gestuur is. Sommige funksies sal egter nie werk sonder koekies nie. Hierdie areas van ons web tuiste sal inligting pos oor koekies, en wanneer ’n koekie opgelaai sal word na u rekenaar of toestel.


Kinderprivaatheid Beskerming

AGS Helderberg is sensitief tot die groter behoefte om die privaatheid van kinders onder die ouderdom van 13 te beskerm. Ons bedien kinders en jeug. Die materiaal wat op ons blaaie te koop is, word nie gemik op kinders onder die ouderdom van 13 jaar nie. Ons samel nie wetend data van kinders in nie behalwe vir doeleindes van securiteit en bediening. Indien ons uitvind dat ons persoonlike data van 'n kind ontvang het vir 'n ander doel, Sal ons sodanige inligting van ons databasis verwyder. Van tyd tot tyd deel ons bedienings aktiwiteit fotos op media as deel van ons gemeenskaps deursigtigheid, rapportering en bedienings funksie.


Veranderings Aan Hiertoe Beleid

AGS Helderberg mag van tyd tot tyd sy privaatheidsbeleid verander. Sodanige beleid en verandering word hier weergegee. Daarom behoort u van tyd tot tyd hierdie bladsy te besoek, sodat u bewus is van enige hersiende beleid. Ons sal enter nie u bestaande inligting aanwend op 'n wyse wat nie voorheen aan u openbaar is nie. U sal ingeving word en geleentheid  hê om te onttrek van enige nuwe aanwending van u inligting.


Om ons te kontak.

Indien  u enige vrae het oor ons privaatheidsbeleid en/of die gebruike en aanwending van ons aanlyn blaaie of webtuistes, kan u aan ons skryf by bogenoemde eposadres of by:

AGS Helderberg

Posbus 71

STRAND, 

WES-KAAP PROVINSIE

7139


Kredietkaart Sekuriteit

Ons weet dat kliënte besorg is oor kredietkaart sekuriteit. Waar nodig, sal ons van sekure derdeparty dienste soos SnapScan, PayFast of PayPal gebruik maak. Indien u verkies om byvoorbeeld 'n PayPal rekening te gebruik, word u persoonlike kredietkaart inligting nie gegee vir AGS Helderberg nie.


Ons maak voorsiening vir Snapscan betalings gedurende en buite dienstye om die betaling van tiendes en offergawes te vergemaklik en poog sovêr moontlik om enligting privaat te hou. 

Please acknowledge that you agree to our privacy policy. If not, please send us an email. Website under development.