MENU

AGS Helderberg Lekker om te kuier. Beter om te bly.

God is liefde | God het ’n plan vir jou | Kom ons gesels verder…

Welkom by ons interaktiewe aanlyn gesprekke en aanbiddings ervaring. Die doel van hierdie gesprekke (blogs) is dat u kan deelneem. Hieronder is verskillende sleutel woorde of begrippe wat u kan kies en dan verder deelneem. Indien u byvoorbeeld op die “Bybel Studie” kategorie klik, sal u onder andere ons “Elke Dag” kort Bybelstudie kan lees en die kort gebed kan saambid. Dankie dat u saam gesels en deelneem.Indien u ook tot die gedagtes van die dag of gesprek wil bydra, kan u dit doen per epos by interactiveadmin@agshelderberg.co.za

Voor ons by die gesprekke uitkom, wil ons u ook uit nooi om, indien u in ons omgewing woon, kuier of werk, ook die gemeente aktiwiteite by te woon. Hier is van die aktiwiteite:

Ons hou Sondae kerk, Maandae is daar 'n Manne biduur, Woensdagoggende Biduur en Woensdagaande selgroep byeenkomste, Sondag jeug en Saterdagmiddae oefen en fellowship die Musiekbediening.

Kom ons maak kerkbywoon ’n Bestemming of Destination waar mense geniet en interessant vind om God te dien en lekker te kuier. Ons Sien u graag op Pinkster Park by AGS Helderberg.

LAAI GERUS ON GEMEENTETOEP AF BY https://1930858.igenapps.com/

Luister aanlyn by https://www.facebook.com/AGSHelderberg

Nou vir ons aanlyn gesprekke (blogs). Neem asseblief deel. Klik op die foto’s of opskrifte om die volle gesprek of Bybel studie te bereik.

Klik hierbo op die foto of opskrif om die lirieke en akkoorde te Sien van die koortjies of liede geskryf deur ons Gemeentelede

LIEDJIE FABRIEK
Die Here het ons geseën met besonderse talent en Heilige Gees vervulde inspirasie om sang en musiek te maak en liedjies en koortjies te skryf en gebruik tydens ons gemeente byeenkomste. Hier verskaf ons woorde en wysies wat plaaslik geskep is.

Gebed is om met God te praat. Dis deel van ons geestelike groei. Hier bespreek ons sommige gebedswenk. Maar u word nie voorgeskryf hoe om te bid nie. Gebed u persoonlike tyd om dieper te beweeg in God se wil. Ons gemeente het op die aanbiddingsterrein te Pinkster Park 'n gebedsroede ("Prayer Walk") geskep. Stap gerus op die roete en tree in gebed vir die verskeie sake wat daar uiteengesit word. 

Vir die wat ver van die aanbiddingsterrein geleë is, sit ons hieronder uiteen waarvoor u kan bid.

Ons praat van “Godsdiens.“ Wat beteken dit? Hoe kan ons vir God dien? Wat is die verwantskap tussen Godsdiens en aanbidding? As ek myself sien as ‘n dienaar in aanbidding, hoe vereenselwig ek dit met die konsepte ”kind van God” en “vriend van God” ?

Hierdie gesprek gaan oor ware Godsdiens en groei in die dinge van God. Kom ons ondersoek hoe ons deur ons diens in Sy akker, nader aan God kan beweeg.

Kom ons maak saamwees 'n Bestemming | Lets make being together a Destination

Die AGS van SA is geseën met 'n lifelike konferensie gronde. Ons geniet dit as gemeente om eenmaal per maand die hele Sondag op Pinkster Park deur te bring. Ons drink koffie, woon kerk by, bedien mekaar, gaan op gebedswandelings, eet middageten saam, hou spesiale lesings, luister na getuienisse, hou biker dienste en nog baie meer.

Kom kuier asseblief saam.

Are you truly free?  |  Is jy waarlik vry?

On 6 November 2022 AFM Helderberg held, as it’s Destination Sunday theme: Unshackled | Waarlik Vry (Tema van ons 6 November Bestemmings Sondag)  What an awesome day it was. Realising our true identity and freedom in Christ is a very necessary part of the Christian journey. Thank you Pastor Basil.

Jesus says (John 8 verse 32): "The truth will set you free." This blog is to discuss true freedom. Shackles in our lives can be caused by so many things and in so many areas. See the video clip HERE where Basil Sparks, Author of the book Unshackled, explains what the chapters of the book are about. 

Click on the image or heading above to download your free Bible App. Thanks to the Bible Society of South Africa, you can now have access to the Bible and more in your own language and on your own mobile device.

GO HERE

Klik op die prent of opskrif hierbo om u eie gratis Bybel Toep af te laai. Danksy die Bybelgenootskap van Suid-Afrika het jy nou toegang tot die Bybel en meer in jou eie taal en op jou eie mobiele toestel.

GAAN HIER

Om die gratis eboeke met inhoud uit Wilco se aanlyngesprekke te lees of andessins deel te neem, klik op die foto of opskrif hierbo. So kan u ook:

Die God en Geld Woordsoek Speletjie aanlyn speel.

Lees oor Wilco Naumann se program en die God en Geld Seminare.

Ons of Wilco se kontak besonderhede kry indien u graag Wilco se Boek God & Geld: Bybelse beginsels vir finansiële vryheid wil aanskaf.

Ons begin ook binnenkort hier met die aanlyngesprek (Blog): Hoe finansier ek my passie. Neem gerus deel.

Stem assemblies toe tot ons Privaatheidsbeleid . Indien nie, laat ons asseblief per epos weet. Aanlyn tuiste hier word nog ontwikkel. Please acknowledge that you agree to our privacy policy. If not, please send us an email. Website under development.